Snuffel ’n mens op sy webtuiste, 1clickclub.co.za, vind jy alles wat ’n ernstige koffieliefhebber se hart begeer – van koffietoerusting, soos die jongste Jura ENA-koffiemasjiene, tot broustokkies sodat jy op enige plek vars koffie kan maak.
Daar is ook geskenkpakke wat ’n verskeidenheid heerlike, gemaalde koffie of bone bevat. Die verskillende mengsels is noukeurig uitgesoek en die roosterprofiel is fyn saamgestel om ’n unieke geur te verskaf.
Omdat koffie se varsheid ’n hoogtepunt bereik ’n paar dae nadat dit gerooster is, word hierdie spesiaal geroosterde koffie slegs op bestelling verpak sodat dit op sy beste by die klant uitkom.