Nuweplaas is ’n padstal, ja, maar ook veel, veel meer. Dit behoort aan die Lesch-familie, bestaande uit Elrika en Lodewyk Jacobus en hul drie kinders.
Elrika is wyd bekend in dié geweste danksy haar jare as spysenier, maar met Nuweplaas het sy ’n lewenslange droom verwesenlik om haar eie restaurant te besit.
Daar is dus die padstal met rakke propvol snuisterye en lekkernye, maar dit is eintlik die restaurant, bakkery, speelplek en venue wat die voete lok.