Vanoggend skemervroeg vee ek stoep. Maar die soetste van hierdie Saterdag-donkiewerk is toe die voëls! Die koor van die gevleueldes van onse Wes-Kaapse buurt.
Die getjirp en gekoer en geroep van kleines in takke en op dakke wat ’n oog nie eens sien nie. En my gedagtes loop na die oproep van ’n Mattheus-dissipel wat die volgende neergepen het: “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?”
Voëlkenners sê daar is verskillende tipes voëlklanke wat uiteenlopende betekenisse en gebruike het. ’n Natuurtaal so ingewikkeld soos gesproke woorde: