AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'n Storie van geloof, hoop en liefde

akkreditasie
Van links is mnre. Marius Engel, Gavin Jaars en Daniel Pieters van Agri Dwala in 2017 by hul nuwe trekker.
Van links is mnre. Marius Engel, Gavin Jaars en Daniel Pieters van Agri Dwala in 2017 by hul nuwe trekker.
Die manier waarop mense terugslae verwerk, bepaal dikwels die verloop van die res van hul lewe. Waar mense egter hul terugslae gebruik om ook ander te help, gebeur wonderwerke.

Die meeste van Landbouweekblad se lesers ken stukkies van mnr. Kosie en me. Lize van Zyl van Napier se lewensverhaal. Hulle weet dalk van die suksesvolle Agri Dwala-boerdery, maar sekerlik nie genoeg oor die egpaar se pleegsorg-en-opvoedingsprojek nie.

Nou kan almal die verhaal van hoe “gewone mense buitengewone resultate behaal” in die boek Uit klip gekap: Die storie van Agri Dwala, ’n getuienis van seën deur pastoor Etienne van Heerden lees. Kosie is die seun van drie geslagte plaasbestuurders op Fairfield, die Van der Byl-familie se plaas by Napier.

Hy het gedink dit gaan ook wees hoe hy sy liefde vir boerdery sou uitleef. Deur die ondersteuning van ander kon hy egter ’n landbougraad op Stellenbosch behaal en kort daarna sy eie plaas koop. Die eerste jare was goed, maar ook baie sleg.

Dit is dié sleg wat die wending in Kosie en Lize se lewe veroorsaak het. Dit het hulle laat besluit om instrumente van die Here te word om lewens in hul onmiddellike omgewing te verander.

Van Heerden sê die boek beskryf die gebeure en lesse agter die sukses van die Agri Dwala-boerdery, waar gewone mense, soos Kosie en Lize, buitengewone resultate behaal deur die toepassing van beginsels wat hulle deur die skepping en van die Skepper geleer het.

Van Heerden, wat langer as tien jaar gelede as pastoor op Bredasdorp met die Van Zyls te doen gekry het, sê wat hom al die jare van die twee getref het, is hul vermoë om besluite te neem wat teen die algemene wysheid is.

“Dit is asof hulle besluit het ‘ons voel diekant toe’, al was daar geen bewys of motivering of dit suksesvol sal wees of nie.”

Sedert Kosie Van Heerden in 2011 gevra het om ’n video oor Agri Dwala te maak – en hom ook in die proses bemagtig het – het hy begin belang stel in die Van Zyls se besluitnemingsprosesse. “Wat beïnvloed hul besluite? Hoekom neem hulle sekere besluite, al sê mense dit is verkeerd?”

Mnr. Kosie van Zyl (links) en past. Etienne van Heerden.

‘IEMAND SE WONDERWERK’

Van Heerden dink dit is omdat hul harte in dieselfde rigting klop. “Twee harte wat in ritme klop, veroorsaak ’n momentum wat moeilik gekeer kan word.”

Wat hom ook getref het, is Kosie en Lize se “onselfsugtige passie om ’n verskil in ander se lewe te maak. Dit bind hulle saam tot ’n kragtige eenheid.”

Hy skryf ook oor die wonderwerk wat mnr. Callie Otto, wat sy plaas aan Kosie verkoop én hom die geld daarvoor geleen het, vir Kosie ontsluit het.

Eintlik dra elke mens iemand anders se wonderwerk in hulle. Om die mens of mense te vind en die wonderwerk te ontsluit, is volgens hom die groot potensiaal van elke mens.

Hoe kry 'n mens meer Agri Dwalas?

Die meeste mense wil weet hoe kan veral meer Agri Dwalas gevestig word. Van Heerden sê al kan die beginsels van Agri Dwala wyd toegepas word, dink hy nie ander boere moet probeer om Agri Dwala te dupliseer nie.

“Hulle moet liewer die eiesoortigheid in hul omgewing ontdek en dit uitbou.” Kosie sê om ander te help om ’n boerdery staan te maak, moet jy by jouself begin.

“Jy moet bereid wees om van jouself te gee: Nie noodwendig geld nie, maar jou tyd, emosies en energie. “Daar is net een manier hoe om dit te doen, en dit is deur God se koninkryk te laat kom.

Dit is tog hoe ons bid. Die manier om die koninkryk te laat kom, is om mense te bemagtig en geleenthede te gee.” Hy het onlangs van die konsep van leiers wat diensbaar is, op RSG gehoor.

“Dit beteken om hard te werk tot voordeel van ander. Ek dink dit is die eerste konsep wat ons moet verstaan en met onsself uitklaar. As jy bereid is om diensbaar te wees, dan is die proses 90% gewen. Daarna kan jy alle ander struikelblokke uit die weg ruim.”

Volgens Kosie is dit egter ’n gevaarlike rigting om in te slaan. “Jy kan jouself so vinnig aan die buurman meet. Jy het dalk mense wat gementor moet word en die buurman sit lekker, sonder dramas, met sy gesin by die see.

“Dan moet jy besef jy is besig met God se koninkryk. Jy is besig om skatte in die hemel bymekaar te maak. As jy dít nie kan insien nie, moet jy dit nie eens aanpak nie.”

Landbouweekblad berig al van die begin van mnr. Kosie van Zyl se bemagtigingsprojek oor die oogmerke, en lesse wat geleer is namate die projek ontwikkel het. Lees ook op Landbou.com: bit.ly/3ovV2gv en bit.ly/3L9WD5o
Landbouweekblad berig al van die begin van mnr. Kosie van Zyl se bemagtigingsprojek oor die oogmerke, en lesse wat geleer is namate die projek ontwikkel het. Lees ook op Landbou.com: bit.ly/3ovV2gv en bit.ly/3L9WD5o

Keuse van deelnemers

Kosie erken die ander besonder moeilike ding is om deelnemers aan ’n bemagtigingsprojek te kies. Hy is ook betrokke by Amaqhawe Agri, ’n projek op Napier se meent waar die boere van Agri Dwala nuwe boere mentor, maar kon nog nie ’n onfeilbare plan kry om deelnemers te kies nie.

“Dit is baie moeilik om vooraf te bepaal wie die regte mense is. Daar moet ’n manier wees om iemand ’n geleentheid te bied sodat hy homself kan bewys.” Wat hy wel weet, is dat ’n kandidaat se opleiding nie meer as sy opleibaarheid moet tel nie.

“Al het die persoon goeie opleiding, gaan hy dalk nie die paal haal nie. Ons kan nie vooraf sê hoe enigiemand gaan vaar nie, maar ons moet mense ’n geleentheid gee.”

Dr. Wallace Mgoqi, voormalige nasionale kommissaris van die restitusiekommissie, het glo altyd gesê dit sou goed werk as daar oefenvelde was, of as ’n mens uitdunne of proewe vir deelnemers aan bemagtigingsprojekte kon hou.

Kosie glo die feit dat hulle eers op Napier se meent geboer het, was op ’n manier ’n siftingsproses. Dit help ook as ’n mens van die begin af baie eerlik met almal is oor die werklikheid van boerdery en boerderyprosesse.

Begin, al is dit klein

Om organisasies te oortuig om in bemagtiging te belê, meen Kosie jy moes vooraf al met iets begin het. “Begin met iets kleins. Boet Pretorius, wat sy grond in Zimbabwe verloor het en toe ‘Farming God’s way’ begin het, sê altyd in Afrika wil ons mos groot begin en eindig dan klein, maar die Here se plan is dat ons klein begin en groter raak.”

Hy meen die feit dat hulle reeds ’n paar jaar op Napier se meent geboer het voordat hulle grondsake om geld genader het, het vir hulle die deurslag gegee.

“Begin net met iets, al is dit hoe klein en die impak hoe gering. Ons het dieselfde met ons kinderversorging gedoen. Ons het een pleegkind ingeneem, sewe jaar later nog een en 15 jaar later kan ons 50 kinders versorg. Jou voorbeeld lei daartoe dat dit jou help.”

Laastens glo hy enige boer wat by ’n bemagtigingsprojek betrokke raak, moet aandele in die projek hê. “Wanneer jy net ’n mentor is, is dit makliker om ’n versadigingspunt te bereik en jou rug op iets te keer.

“Ek moet eerlik erken dat ek menigmaal gevoel het ek het genoeg gehad, maar ek het ’n aandeel in die boerdery gehad. “Wanneer die mentor ’n aandeel in die program het, help dit hom of haar om nie sommer tou op te gooi nie.

As jy iets besit, moet jy energie, geld en tyd daaraan bestee. As jy ’n aandeel besit, kan jy nie ’n traak-my-nieagtige houding daaroor hê nie.”

Speeltyd by die leersentrum van die Kingdom Ambassadors-kinderdorp.

Lize se grootste gawe

Namate Agri Dwala gegroei het, het die Van Zyls van kinders in nood bewus geraak. Lize, die opvoeder, wou hulle red en vir hulle skoolhou. Só is die Kingdom Ambassadors-kinderdorp gebore.

Onderwys en opvoeding is Lize se liefde, maar haar intuïsie, haar vermoë om ’n “gevoel” oor die regte ding te kry, is een van haar grootste gawes. Met dié liefdes en gawes en Kosie se pragmatisme en vermoë om strategies te dink, vorm hulle ’n wenspan.

“Ek dink nie ons kan dit sonder mekaar doen nie. Kosie dink meer strategies as ek, ek galop al as ek die gevoel kry. Ek gaan haal eers die kind by die hospitaal, dan soek ons ’n winkel om doeke en klere te koop.

“Hy sal praktiese probleme uitwys en dan sal ek my plan aanpas.” Lize sê mense sal soms geld gee, maar wil net nie hul hande vuil maak nie.

Ongelukkig is dit harde werk met ’n swaar administratiewe las (waarmee hulle goeie hulp kry) en ’n ewigdurende gestoei met staatsdepartemente.

“Daar is baie administratiewe vereistes om kinders in pleegsorg te plaas. Ons het vyf jaar gesukkel om registrasie deurgevoer te kry om ’n groeppleeghuis te bedryf. Ons word elke ses maande geïnspekteer.”

Benewens om self pleegkinders groot te maak, het Lize al ure in die hof omgesit en nog langer in die son by die Sassakantoor gewag, dus weet sy waarvan sy praat.

“My geloofwaardigheid vereis dat ek dit doen.” Die kinders is nie wees nie, maar is deur hul ouers afgeskeep, mishandel of verlaat. Hulle moet uiteindelik weer met hul gesinne herenig word.

Intussen bied Kosie en Lize en vele ander “mammas” veilige pleegsorg waar die kinders in normale huislike omstandighede kan bly. Hulle ontvang tuisonderrig tot graad 10 en gaan daarna na die hoërskool op Bredasdorp.

Navrae: Mnr. Kosie van Zyl, 082 873 3281, past. Etienne van Heerden, 082 929 6904.



Koop die boek só

Uit klip gekap: Die storie van Agri Dwala, ’n getuienis van seën deur pastoor Etienne van Heerden word uitgegee deur Landbouweekblad met die ondersteuning van Kaap Agri.

Bestel die boek teen R295 per e-pos: johan.terblanche@media24.com 


Boek kan meer wonderwerke ontsluit

Die inspirerende boek Uit klip gekap: Die storie van Agri Dwala, ’n getuienis van seën deur pastoor Etienne van Heerden is vir almal wat meer oor nuwe verhoudinge en houdings in Suid-Afrika wil lees.

Met betrekking tot die Overberg se landbougeskiedenis en die geskiedenis van die versorging van kwesbare kinders is Agri Dwala en die Kingdom Ambassadors-kinderdorp nog in hul kinderskoene. Die boek spel die beginsels uit waarop die projekte geskoei is.

Daar is net een Agri Dwala, maar in elke gemeenskap dra mense onwetend ander se wonderwerke in hul harte. Die boek kan help om meer wonderwerke te ontsluit.

Vir gelowige mense kan die Bybelverse wat mnr. Kosie en me. Lize van Zyl gehelp het, ’n bydrae tot hul Bybelstudie lewer. Eweneens sal mense wat ondersteuning in hul geloofslewe soek en met moeilike besluite worstel, rigting vind in die Van Zyls se wandelinge met die Here.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot