
Huisgenoot en Landbouweekblad is op soek na Suid-Afrika se junior boertjies.
Dis nou daardie kinders en tieners wat lief is vir die plaas en sommer self hand bysit met lammers grootmaak en groente kweek, en al wagtend vir die reën hul oë hou op die oes. Die jongklomp vir wie daar min dinge so lekker is om op die plaas tussen die beeste te wees of om saam op die trekker te ry.
Ons wil ’n reeks spesiale videos maak om met dié jong landbouliefhebbers te spog en hul talente aanlyn in die kollig vier.
Lesers sal dan vir hul gunstelinge onder die finaliste stem – en twee wenners kan elkeen wegstap met R10 000 in kontant!
HOE WERK DIT?
1. Daar is twee kategorieë: vir jong kinders van 3 tot 10, en vir ouer kinders van 11 tot 18.
2. Klik op hierdie skakel wat jou sal neem na ons spesiale aanlyn Junior Boertjie-kompetisie.
3. Klik op die inskrywingsvorm op die kompetisieblad en vul dan jou kind of tiener se besonderhede in, asook jou eie besonderhede.
4. Laai ’n foto van jou spruit op saam met ’n kort motivering oor jou kind se liefde vir boer.
5. Huisgenoot en Landbouweekblad sal die finaliste aanwys, en finaliste kontak om van elkeen ’n spesiale video te kom maak.
6. Dié videos sal gepubliseer word op ’n spesiale aanlyn blad op Huisgenoot.com en Landbou.com, en lesers kan dan vir hul gunstelingboertjies in albei kategorieë stem.
7. Die wenners se verhale sal verskyn in Huisgenoot en Landbouweekblad – en stap elkeen weg met ’n lekker kontantprys van R10 000!
8. Skryf sommer nou in – die inskrywings open op 1 September en sluit op 11 Oktober.
9. Klik hier om te gaan na die kompetisieblad met al die inligting en die inskrywingsvorm!