Dit is met sebrastrepe geverf en het interessante artikels wat jou lank kan besig hou. ’n Mooi uitsig op die berge en klowe wys die rustigheid van die omgewing.
Sedert die huis wat nou die Boerqi Bistro huisves in 1945 gebou is, het dit al verskillende gedaantes gehad – van woonhuis tot kafee tot slaghuis en les bes, ’n vulstasie. Sedert 2017 is dit ’n unieke padstal waarheen besoekers gereeld terugkom en selfs van so ver as Plettenbergbaai ry vir die spesiale pizza.
Dit is ook ’n gewilde stilhouplek vir motorfietsryers en fietsryers. Gaste word vriende. Kobus en Anita Jordaan, oorspronklik van Johannesburg, het die Hillbilly’s-padstal – soos dit eens bekend was – in Junie 2017 gekoop nadat hulle die potensiaal daarvan gesien het.