Die jaarlikse uitgawe van die Guinness World Records is uiters gewild onder mense wat wil weet wie die vinnigste, grootste, kleinste, ensovoorts is. Sportsterre het byvoorbeeld groot aanhang, met Victor Matfield wat 127 toetse vir die Springbokke gespeel het, Cristiano Ronaldo wat meer as 800 doele in sy loopbaan aangeteken het, en Rafael Nadal wat die meeste titels in die groot tennistoernooie gewen het.
Maar hoe lyk die rekords wat deur voëls opgestel is? Baie mense vra my dikwels wie die vinnigste voël is. Die volstruis kan tot 50 km/h hardloop, met Usain Bolt wat nie ’n kans staan nie. Wanneer gekyk word na die vinnigste voël in vlug, moet daar onderskei word tussen direkte, horisontale en vlug wanneer geduik word.
Die vinnigste bevestigde direkte vlug is dié van die Europese windswael teen 111,5 km/h. Dit is interessant dat twee ander spesies wat in Suid-Afrika voorkom, onder die toptien spoedvrate tel: Die Europese boomvalk is vyfde en die wildemakou sewende.