Alles het begin toe haar man, Jacobus Truter, sowat vier jaar gelede met ’n hen en ’n skoenboks vol kuikens by die huis aankom, vertel Suzanne Smit, ’n oudonderwyseres en ook ’n landskapsfotograaf en atleet.
“Hy het geweet ek begeer die geselligheid van vryloophoenders op ons werf. Toe hy dus die hen en kuikens op ’n Zonkwasdrif-plaaswerf sien rondskrop, het hy hulle dadelik gekoop – en die res is geskiedenis!”
Suzaan (37) laat die groei en ontwikkeling van haar besigheid maklik klink, maar sy moes ’n waardevolle les leer: Saam met Jacobus se gemengde boerdery (koring, onderstok vir wingerd, vye, amandels en vleisbeeste) kon hul plaas, Delagift, nie nuwe geboue oprig voor die besigheid lonend is nie.