AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Skryf nou in vir Kokkedoor Vuur & Vlam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die soektog na nuwe kokkedore is weer stapel gestuur.
Die soektog na nuwe kokkedore is weer stapel gestuur.
Deelnemers trek vanjaar ’n braai-voorskoot aan in kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam.

Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se gewildste koswerklikheidsreeks, beloof vanjaar om meer as net ’n kykgenot-spyskaart te wees met twee nuwe beoordelaars.

kykNET is opsoek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier, wat vurig is om kos oor die kole gaar te maak.

Wat is die verskil tussen hierdie kokke? ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, terwyl kinkelbraaiers juis gekies word vir hul kwalifikasies en ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis.

In Kokkedoor Vuur & Vlam moet deelnemers die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braaivaardighede beïndruk.

Basson is nie net een van Suid-Afrika se top-sjefs nie, maar is ook ’n bekende gesig op Afrikaanse televisie as ’n aanbieder vir kykNET se In die Sop-werklikheidsreeks. Sy mede-beoordelaar, Botha, is ’n braai-ghoeroe, oorspronklik van Oudtshoorn, maar hy woon tans in Frankryk waar hy braaisensasie is. Dis juis vanweë sy vindingrykheid en kreatiwiteit oor die kole dat Botha internasionaal die braaivleisvure hoog laat brand.

Kokkedoor Vuur & Vlam sal van Julie op kykNET uitgesaai word en word deur Homebrew Films vervaardig.

Mr. Bertus Basson
Mr. Kobus Botha

Skryf so´ in:

Besoek www.kyknet.tv, stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064 736 5013 of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv. Elke persoon se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat:

•            Stel jouself bekend;

•            Vertel wie jy is;

•            Waar kom jy vandaan;

•            Is jy ’n onthou- of ’n kinkelbraaier, en hoekom;

•            Hoekom wil jy deelneem.

Reëls:

Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.

Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf.

Vir diegene wat die kortlys haal, sal oudisies in Februarie plaasvind.

Persone wat deurdring om deel te neem, moet gedurende April en Mei in die Kaap-omgewing beskikbaar wees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.45
-2.1%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,863.55
-2.6%
Silwer
22.32
-4.9%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot