Oom Plaas produseer Karoo-plaasprodukte, soos ons pansoutreeks sonder preserveer- of kleurmiddels wat uit 12 geure bestaan, en ons skaapdroëwors. Ons bemark ook biltong, ingelegde vrugte, olyfprodukte, boerseep en ’n verskeidenheid konfyt en gedroogde produkte.
As tuisskolier moes ek vir ’n sakestudieprojek met ’n bemarkbare produk vorendag kom. Ek het besluit op sout, wat ek by soutpanne in ons omgewing gekoop het. Ons het in daardie stadium Karoolam direk aan Wes-Kaapse huisvroue verkoop.
Binne-in elke boks lamsvleis het ek ’n gratis potjie van my gegeurde Karoo-pansout met ons gasteplaas se kontakbesonderhede gesit, asook ons leuse: “ ’n Plaaservaring soos uit jou kinderdae.” Ek het 100 soutmeulpotjies gekoop en dit aan padstalletjies en deli’s in die Noord- en Wes-Kaap verkoop.