Dit is belangrik, skryf die gesondheidskrywer Corey Wheelan op die mediese webblad Healthline. Baard is harder as die hare op jou kop en baardsorgmiddels help om dit sagter te maak, jou baard voller te laat lyk en gee dit boonop ’n bietjie glans.
Terwyl Swartbaard die seerower, Aquaman en die Griekse god Thor almal deesdae met “melkbaarde” op die silwerdoek pryk, kan die hardebaarde van Suid-Afrika beswaarlik oor dieselfde kam geskeer word.
K. Lee se handgemaakte baardbalsem vir mans is ideaal om ’n boerebaard te tem. Dit word van natuurlike produkte gemaak met byewas as hoofbestanddeel. Dit dra nie net by tot ’n gesonde baard nie, maar bevogtig ook die vel.