Die Suid-Afrikaanse etiketvervaardiger Tower Prints bied ’n diens aan klein sake-ondernemings of entrepreneurs deur vir hulle pasgemaakte etikette te ontwerp en te druk.
Jy kan jou eie etikette ontwerp deur die maatskappy se gratis Print It Yourself-opsie te kies, en jou ontwerp in Tower se ontwerpprogram te doen. Dit kan op jou eie drukker op Tower se A4-etiketblaaie uitgedruk word. Die ander opsie is om pasgemaakte etikette van die maatskappy te bestel.
Daar is ’n groot reeks materiaal, vorms en afrondings om van te kies. Etikette kan selfs op deurskynende of metaalkleurige materiaal gedruk word. Die ontwerp kan aanlyn gedoen en die bestelling kan aanlyn geplaas word.