Wat mense deesdae ken as The Nguni Guy, ’n winkel met beesvelle, leersakke, handsakke, gordels en sebra-velle, met ’n koffiewinkel en kunsgalery daarnaas, het nederig begin langs die R103-pad tussen Lion’s River en Nottingham Road in KwaZulu-Natal.
Glen du Preez het bykans vyf jaar gelede sy eerste Nguni-beesvelle, afkomstig van sy pa se Nguni-boerdery, langs die pad uitgestal met die hoop dat motoriste sal stilhou en van die pragtige velle koop.
Dit was gou gewild, en voor Glen sy oë kon uitvee, moes hy die hulp van sy verloofde, Molly Malloy, inroep. Sy is nou ’n vennoot in die onderneming. Die familieboerdery kon ook nie meer alleen in die vraag voorsien nie.