Langtermynnavorsing oor CBD se gesondheidsvoordele vir mense het bevestig dat dit onder meer ’n anti-inflammatoriese, anti-stuip- en pynstillende uitwerking het. Navorsing oor CBD vir die behandeling van verskeie gesondheidstoestande by diere het getoon honde kan dieselfde voordele daaruit put as mense.
Die Suid-Afrikaanse veemedisynemaatskappy Afrivet het daarom sy reeks CBD For Dogs-produkte ontwikkel. Aangesien CBD For Dogs ’n natuurlike produk is, is dit nie deur Suid-Afrika se medisynebeheerraad geëvalueer nie.
Die navorsing wat elders gedoen is, het egter getoon dat CBD For Dogs kan help vir inflammatoriese toestande, soos chroniese artritis, by honde. Dit kan ook aanvullend tot ander behandeling gebruik word om chroniese pyn te bestuur.