Daar is kwalik ’n beter ligging as dié van die Creation-wynlandgoed, tussen die lowergroen heuwels van die Hemel-en-Aardevallei, vir ’n landgoedrestaurant wat daarop gerig is om gaste ’n onvergeetlike sintuiglike ervaring te bied.
Creation se somerspyskaart, Breathe, is ontwikkel om gaste intens bewus te maak van reuk, aanraking, sig, klank en smaak; dat ’n kos-en-wynervaring soveel meer is as net iets wat jy proe – dit is multi-sensories.
Dit begin reeds wanneer jy uit jou motor klim en deur ’n geurige fynbospaadjie loop tot by die restaurant se ingang, waar jy ingewag word met ’n glas verfrissende Creation Viognier.