Heerlik en heilsaam net so, maar ook diebeginpunt van suiwelprodukte, soos botter, kaas en roomys. Dit is veelsydig in die kombuis, want met melk maak jy die lekkerste kos — koesterkos, soos melktert en melkkos, delikate nageregte en gebak, maar ook vinnige maaltye.
Met ons navorsing vir Landbouweekblad se 100-jaar-gedenkuitgawe het ek op verskeie resepte vir “blamaans” afgekom. Dit is wat die Franse melkpoeding blancmange in die volksmond geword het.
Melkpoeding word tradisioneel met rysmeel of mielieblom gestol, dikwels met amandel of rooswater gegeur en koud voorgesit. In Suid-Afrika, waar ons so lief is vir yskastert, is dit ’n perfekte somerpoeding.