Sy het nie vir my ’n resep gelos nie en ek moet dit maar op my eie gevoel aanpak. Jy kan die patats stowe of, soos ek, in die oond bak sodat die patats met die heuning en botter karamelliseer. Kyk in jou supermark se groenterak vir klein patats. Hulle skrop jy net en maak so heel gaar. Jou gaste gaan vir maande oor jou “skinder”.
2 kg heel patats (sowat 4 grotes of 12 baba-patats)
140 g (150 ml) botter, gesmelt