
1 ui, gekap
2 appels, geskil, ontkern en gerasper
30 ml olyfolie
5 ml sout
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml elk fyn gemmer, kaneel en komyn
250 g varkmaalvleis
250 g beesmaalvleis
250 ml water
30 ml bruinasyn
30 ml blatjang
20 ml gladde appelkooskonfyt
Bolaag
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter 2 appels, geskil, ontkern en grofgerasper 180 ml gerasperde cheddarkaas Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak liggies met olie. Braai die gekapte ui en gerasperde appel in die olyfolie tot sag. Voeg die sout en speserye by en braai tot geurig.
Voeg die twee soorte maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die water, asyn, blatjang en appelkooskonfyt by en prut tot die sous afgekook is. Skep die vleismengsel in die oondbak.
Bolaag: Meng die bestanddele vir die bolaag goed saam en skep oor die vleislaag.
Bak vir 30 minute tot goudbruin en deurwarm. Sit die bobotie voor saam met ’n slaai van jou keuse.
Lewer 6-8 porsies