AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Bobotie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak die resep op ’n koue aand met ’n groot bak geelrys en rosyne en gestoofde droëperskes met kaneel – koningskos.

30 ml olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

3 cm vars gemmer, gerasper

15 ml sterk kerriepoeier

10 ml borrie

30 ml appelkooskonfyt

Sout na smaak

15 ml vrugteblatjang

1 kg beesmaalvleis

2 snye brood, grof gebreek

250 ml melk

Bolaag

Lourierblare

3 eiers

250 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak liggies met olie. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en borrie by en braai tot geurig.

Voeg die appelkooskonfyt, sout en blatjang by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die vleis by en braai tot bruin. Week die brood in die melk tot sag en druk fyn met ’n vurk.

Voeg by die vleismengsel en meng goed deur. Prut vir twee minute en skep in die oondbak. Smeer gelyk. Druk ’n paar lourierblare op die vleis vas. Klits die eiers en melk goed en giet oor die vleis. Bak vir 20-30 minute tot die bolaag goudbruin en ferm is. Lewer ses porsies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
+0.0%
Rand - Pond
20.88
+0.1%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,027.94
+1.7%
Palladium
1,669.98
0.0%
Goud
1,916.23
+0.2%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot