
6 dik snye dagoue witbrood
Sagte botter
Tuisgemaakte appelkooskonfyt
100 ml suiker
125 ml sultanas of pitlose rosyne
2 ekstragroot eiers
500 ml volroommelk
30 ml vlapoeier
3 ml sout
5 ml vanieljegeursel
Smeer die brood liggies met botter en dan met appelkooskonfyt. Sny elke sny brood in vier of meer driehoekies. Pak die brooddriehoekies in ’n gesmeerde oondbak en sprinkel die suiker en sultanas of rosyne oor.
Klits die eiers, melk, vlapoeier, sout en vanieljegeursel saam en giet oor die brood. Laat staan die poeding vir ongeveer 30 minute sodat die brood die vlamengsel kan absorbeer. Voorverhit nou die oond tot 180 °C en bak die poeding vir ongeveer 45 minute tot opgepof en goudbruin.
Lewer 4 porsies.