
- 500 g (ongeveer 4) stokvisfilette
- Vars suurlemoensap na smaak
- Sout na smaak
Krummelmengsel
- 375 ml vars broodkrummels
- 30 ml olyfolie
- 60 ml gesmelte botter
- 3 ml paprika
- 3 ml sout
- 5 ml gekapte vars oreganum
- 5 ml gekapte vars tiemieblaartjies
- ’n Knippie droë brandrissievlokkies
Voorverhit die oond tot 190 °C. Pak die visfilette ’n entjie uitmekaar op ’n gesmeerde bakplaat of in ’n gesmeerde oondbak.
Drup ’n bietjie suurlemoensap oor elke porsie vis en geur met sout. Verkoel tot benodig.
Meng al die bestanddele vir die krummellaag goed saam en bedek elke porsie vis daarmee.
Druk die krummelaag liggies met jou vingers op die vis vas.
Oondrooster vir ongeveer 8-10 minute (effens langer vir dikker filette) tot die krummels bros en die vis net gaar is.
Haal uit die oond en laat staan vir 2-3 minute.
Sit voor met gestoomde groenertjies, bros skyfies en ’n skeppie goeie mayonnaise of suurroom.
Lewer 4 porsies.