Grondboontjiesous is dalk nie so ’n bekende lekkerny in die Afrikaanse koskultuur nie, maar as jy dit eers probeer het, sal jy dit weer wil maak.
Ek sit dit graag voor met klein hoender- of beesvleiskebabs, groentestokkies (wortel, suikerpeulertjies en babamielies is heerlik met die sous) en blaarslaai. Dit maak net so ’n lekker slaaisous en is propvol proteïene.
- 125 ml gladde of korrelrige grondboontjiebotter