
’n Lekker sappige stukkie beesvleis bly bobaas.
- 6 stukke beeskortrib
- Sout en peper na smaak
- 30 ml olyfolie
- 1 groot ui, grofgekap
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 4 stele seldery, grofgekap
- 45 ml tamatiepasta
- 500 ml rooiwyn
- 500 ml beesvleisaftreksel
- 15 ml bruinsuiker
- 2 lourierblare
Voorverhit die oond tot 165 °C.
Geur die kortrib goed met sout en peper.
Verhit die olyfolie in ’n diep oondvaste kastrol en verbruin die ribstukke in die olie. Skep uit en hou eenkant.
Braai die ui, knoffel en seldery oor laer hitte in dieselfde kastrol tot die groente sag is.
Voeg die tamatiepasta by en braai verder, tot geurig.
Voeg die wyn, aftreksel, bruinsuiker en lourierblare by en roer tot die sous begin kook.
Skakel die stoofplaat af en sit die ribstukke in die kastrol in die sous.
Maak seker dat die vleis oraloor goed met die sous bedek is.
Sit ’n oondvaste deksel op en bak die kortrib vir ongeveer 2-2½ uur of tot die vleis baie sag is. Geur weer na smaak.
Sit voor op romerige kapokaartappels of polenta met ’n lepel van die sous oor.
Lewer 2-3 groot porsies.