Devils on horseback is ’n soet-sout retro-happie wat altyd ’n gunsteling sal bly. Ek het vet medjooldadels ontpit, elk met ’n klein stukkie bloukaas gestop en in ’n repie spek toegedraai, wat ek toe afwisselend met ’n paar stukkies boerewors op stokkies geryg en oor die kole gebraai het. Jou gaste sal hul lippe aflek vir hierdie smaaksensasie.
- 24 heel dadels, ontpit
- 50 g bloukaas, in klein stukkies gesny