Ek is versot op dié sop. Die eerste keer het ek al die stappe gevolg uit Julia Child se boek Mastering the Art of French Cooking, maar ek het dit my eie gemaak. Daar is iets luuks en vertroostends aan uie wat stadig met knoffel gesmoor en met aftreksel en wyn gekook word.
Hierdie sop is fantasties vir die winter, vries goed en is wonderlik vir groot groepe. Sit dit as voorgereg of hoofgereg voor met vars brioche. Die brandewyn aan die einde maak ’n groot verskil!
- 300 g botter