
Vleismengsel
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 groot wortel, geskraap en fyngerasper
1 groen appel, geskil, ontkern en gerasper
30 ml olie
500 g beesmaalvleis
15 ml matige kerriepoeier
3 ml elk koljander en komyn
30 ml blatjang
100 ml water
Deeg
500 ml koekmeel
5 ml elk bakpoeier en sout
80 g botter
Yswater
Sous
1 ui, baie fyn gekap
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
15 ml olie
5 ml kerriepoeier
2 ml elk sout en suiker
250 ml vleisaftreksel
30 ml blatjang
30 ml soet rissiesous
Vleismengsel: Braai die ui, knoffel, wortel en appel stadig in die olie tot gaar. Voeg die maalvleis by, verhoog die hitte en braai bruin. Voeg die kerriepoeier, koljander en komyn by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die blatjang en water by en verhit tot kookpunt terwyl jy roer. Laat prut vir minstens 10 minute, of tot die maalvleismengsel nie meer waterig is nie, maar dik en geurig. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Deeg: Meng die meel, bakpoeier en sout. Vryf die botter met jou vingers in tot krummelrig. Voeg net genoeg yswater by om ’n stywe deeg te vorm. Bedek en laat rus vir ’n paar minute.
Sous: Braai die ui en knoffel in die olie tot gaar. Voeg die kerriepoeier, sout en suiker by en braai tot geurig. Voeg die aftreksel, blatjang en soet rissiesous by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir 5 minute.
Om saam te stel: Voorverhit die oond tot 200 C en smeer ’n middelslag-oondbak met olie. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit in ’n reghoek van 1 cm dik. Skep die afgekoelde vleismengsel op die deeg en rol die deeg in die lengte op. Sny in wiele van 2 cm dik en pak in die voorbereide bak. Skep die sous versigtig oor en bak vir 25-30 minute, tot die deeg gaar en deurgebak is.
Lewer 6 porsies.