
125 g sagte botter
125 ml ligbruinsuiker
30 ml gouestroop
1 eier, liggies geklits
600 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
15 ml fyn gemmer
Verroom die botter, suiker en gouestroop saam tot lig en romerig. Klits die eier by. Sif die meel, koeksoda en gemmer saam en klop by die bottermengsel in. Maak aan tot ’n deeg, bedek met kleefplastiek en verkoel vir minstens 30 minute.
Rol op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 3 mm dik. Druk mannetjies uit en rangskik op uitgevoerde bakplate. Bak vir 10 minute tot gaar. Laat op draadrakke afkoel en versier na smaak wanneer die koekies heeltemal koud is.
Lewer 4 dosyn mannetjies (hoeveelheid wissel na gelang van grootte).