
Die gaarmaaktyd is korter as ’n heel varklies en die geur van die marinade versprei beter omdat daar meer oppervlak is waarmee dit kontak maak. So ’n sagte, sappige, klewerige stukkie varkvleis is koningskos – en dis boonop maklik om te maak omdat die oond al die werk doen. Sit dit voor met romerige koolslaai en opgekookte babaaartappels.
Marinade
30 ml elk sojasous, heuning en appelasyn
5 knoffelhuisies, afgeskil en dungesny
3 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
3 ml komyn
180 ml sterk rooibostee
8 liggerookte groot varkliesrepies
Voorverhit die oond tot 150 °C. Meng al die bestanddele vir die marinade saam. Pak die varkliesrepies in ’n enkellaag in ’n oondbak en gooi die marinade oor. Bedek met dik foelie en bak vir 2 uur of tot die vleis baie sag is.
Haal die foelie af, verhoog die oondtemperatuur tot 190 °C en bak verder tot die sous begin karamelliseer. Sit die varkliesrepies voor met aartappels en groente van jou keuse.
Lewer 4 porsies.