Ek weet nie hoekom ek eiervrug gekies het nie; dit is ’n groentesoort wat ek glad nie geken het nie. Maar ek iewers gelees van baba ganoush, ’n Libanese eiervrugsmeer, en wou my hand daaraan waag. Ek dink ek het daardie kwartaal die hele middestad se eiervrugvoorraad opgekoop vir al die probeerslae! Hier is die resep, waaraan ek deur die jare heen ’n paar verstellings gemaak het.
2 groot eiervrugte, in die lengte gehalveer
Sout