
15 ml growwe sout
4 patats
60 g botter
125 ml suiker
Sap en fyngerasperde skil van 2 lemoene
1 kaneelstokkie
45 ml brandewyn
Los die growwe sout in ’n bak met water op. Skil die patats en sny in blokkies. Sit dit dadelik in die soutwater om te keer dat die patats swart word.
Smelt die botter in ’n swaarboomkastrol en voeg die suiker, lemoensap en -skil, kaneelstokkie en brandewyn by.
Verhit tot kookpunt en pak die patats bo-op in die kastrol.
Bedek en stowe die patats baie stadig oor lae hitte tot glansend en deurgaar. Skud die kastrol kort-kort liggies sodat dit nie aanbrand nie, maar moenie roer nie, want dit sal die patats pap druk. Sit dadelik voor.
Lewer 6-8 porsies