
500 g elk appels en ryp pere, ontkern en geskil
500 g uie, geskil
250 ml water
1,5 liter witdruiweasyn
15 ml gemaalde gemmer
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
500 g witsuiker
5 ml sout
Kap die appels en pere goed fyn en sit dit saam met die uie en water in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt en prut vir 10 minute. Voeg die res van die bestanddele by en kook verder vir ongeveer 1 uur, terwyl gereeld geroer word, tot die blatjang gereed is om te bottel.
Skep warm in gesteriliseerde bottels of flesse en verse l dadelik met gesteriliseerde deksels.
Lewer ongeveer 1,5 liter blatjang.