
Sop
¦ Halwe pak (125 g) spekvleis, gesnipper
¦ 1 ui, fyngekap
¦ 30 ml olie
¦ 1,25 liter kokende hoenderaftreksel
¦ 1 pak (ongeveer 4 koppies) vars of bevrore ertjies
¦ 125 ml gekapte pietersielie
¦ Halwe houer (120 g) ongegeurde roomkaas, teen kamertemperatuur
¦ Skeut vars suurlemoensap
¦ Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kaastertjies
¦ 1 rol (400 g) blaardeeg
¦ 1 eier, geklits
¦ 1 wiel fetakaas, fyngekrummel
Sop: Braai die spek en ui in ’nkastrol in die olie tot gaar. Voeg die aftreksel en ertjies by en verhit tot kookpunt. Prut vir 5-7 minute. Verwyder van die hitte.
Voegdie pietersielie, roomkaas en varssuurlemoensap by en roer tot die roomkaas gesmelt is. Verpulp die sop tot glad. Geur na smaak met sout en peper en hou warm.
Kaastertjies: Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat of twee met bakpapier uit. Bespuit die papier met kleefwerende kossproei. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Gebruik ’n skondrukker met ’n skerp rand om sirkels uit die deeg te druk.
Verf elke deegsirkel met geklitste eier en sprinkel ’n bietjie gekrummelde fetakaas op elke sirkel. Druk die kaas liggies met jou vingers op die deegsirkels vas en pak op die voorbereide bakplate. Bak vir 7-9 minute, of tot die deeg goudbruin en opgepof is en die fetakaas begin smelt. Haal uit die oond en sit die kaastertjies louwarm saam met die sop voor.
Lewer 6 porsies.