Dit is veelsydig in die kombuis, want met melk maak jy die lekkerste kos — koesterkos, soos melktert en melkkos, delikate nageregte en gebak, maar ook vinnige maaltye.
Toe die Britse sjef Jamie Oliver se eerste televisiereeks uitgesaai is, het hy in een episode ’n heel hoender in melk – gegeur met suurlemoenskil, tiemie en kaneel – gaargemaak. Dit het na malligheid gelyk, maar ek moes dit probeer. En nes hy belowe het, is dit van die lekkerste hoender wat jy ooit sal eet.
- 1 groot vryloophoender