Moenie skrik vir die hoeveelheid knoffel in hierdie resep nie. Die huisies kook sag en die geur versag en versoet. Saam met ’n paar takkies tiemie en ’n leksel room vorm dit ’n heerlike sous.
- 8-10 hoenderstukke, met vel en been
- 100 ml koekmeel, gegeur met sout en peper