AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Hoenderlewerpatee

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hoenderlewer is een van daardie goed waarvan jy óf glad nie hou nie óf versot op is. Ek val in die tweede groep. Hierdie patee is hoe ek die graagste hoenderlewers voorsit. Eet dit met vars, korserige brood, soetsuur agurkies en ’n stuk beleë sagte kaas.

200 g botter

1 groot ui, gerasper

2 knoffelhuisies, baie fyn gekap

500 g skoongemaakte hoenderlewers

60 ml sjerrie

30 ml brandewyn

180-250 ml room

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die helfte van die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel stadig tot sag en gaar. Voeg die hoenderlewers by en braai tot net gaar. Voeg die sjerrie en brandewyn by en laat opvlam.

Laat prut tot die alkohol afgekook is. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Skep die hoenderlewermengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die room in ’n dun straaltjie by terwyl jy dit tot ’n fluweelgladde, smeerbare patee pols.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en skep in ’n pateebak. Smelt die res van die botter en skep dit versigtig oor die patee. Verkoel tot jy dit voorsit. Lewer 375 ml patee.

Kombuiswenk

Ek geur die botter wat ek op die patee skep met kruie. Dit vul die smaak van die patee aan.

Vars lourierblare werk wonderlik saam met hoenderlewerpatee. Verhit die blare saam met die botter en skep dan ’n blaar of twee op die patee voor jy die botter bo-op skep. Laat die botter stol en verkoel verder tot jy dit voorsit.

Plaaskos

Plaaskos

In Plaaskos vertel Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad, van haar grootwordkos, haar oumas se boerekos, haar ma se huiskos en haar vandagkos met die vars geure en smake wat sy ontdek het deur haar loopbaan.

“Die soort kos waarmee ek grootgeword het, is dieselfde soort kos wat ek vandag nog graag maak — net hier en daar met ’n kortpad of ’n moderne kinkel ingeroer. Dis maklike resepte met maklik bekombare bestanddele,” sê Arina.

Die boek bevat haar lekkerste resepte vir elke ete van die dag, en daar is ook afdelings met interessante gebak, smullekker nagereg en ingemaakte lekkernye. Dis ’n moet vir jou kookboekrak! Plaaskos word deur Human & Rousseau uitgegee en kos R310.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.05
+0.2%
Rand - Pond
20.83
+0.3%
Rand - Euro
18.58
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.04
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
1,024.56
+1.3%
Palladium
1,669.70
+0.0%
Goud
1,915.54
+0.2%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot