AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Kondensmelkbeskuit

akkreditasie
Dié beskuit is ook bekend as smaak-soosmosbeskuit (as daar anyssaad in is) of verebeskuit. Net soos mosbolletjies, is dit vars uit die oond, met botter gesmeer, ’n groot lekkerte.

1 x 397 g blik kondensmelk

250 ml kookwater

125 g botter of margarien, in blokkies gesny

180 ml suiker

2 eiers

250 ml koue water

2 pakkies kitsgis

1,25 kg koekmeel

10 ml sout

15 ml anyssaad (opsioneel)

Meng die kondensmelk, kookwater, botter of margarien en suiker saam tot die botter gesmelt en die suiker opgelos is. Klits die eiers en meng dit met die koue water. Voeg dit by die kondensmelkmengsel en sprinkel die gis oor. Roer liggies deur. Sprinkel 250 g van die meel oor en meng deeglik.

Bedek die bak losweg en laat staan op ’n warm plek vir ongeveer ’n uur tot die mengsel vol borreltjies bo-op is. Voeg die res van die meel, sout en anyssaad (indien gebruik) by en maak aan tot ’n deeg. Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties en dit nie meer aan jou hande vaskleef nie.

Sit die bol deeg in ’n geoliede mengbak, bedek losweg en laat rys op ’n warm plek tot dit verdubbel het in volume. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C en smeer drie tot vier middelslagbroodpanne met botter of olie. Knie die deeg af.

Knyp gholfbal-grootte bolletjies deeg af en pak dit styf teen mekaar in die panne. Bedek die panne weer losweg en laat rys die deeg vir sowat 15–20 minute.

Sit in die oond, draai dadelik die temperatuur af tot 160 °C en bak die beskuit tot goudbruin en deurgaar. Keer uit, laat effens afkoel en breek dan in stukkies. Pak op bakplate en droog uit teen 70 °C tot 100 °C of in die lou-oond. Laat staan tot dit kamertemperatuur bereik het en bêre in lugdigte houers. Lewer ses dosyn beskuit. 

Kombuiswenk:
As jy sukkel om beskuit te sny en dit baie krummel of breek, draai die warm beskuit (sodra dit uit die oond kom) in ’n vadoek of lap toe. Dit keer dat die kors te droog word as die beskuit afkoel en vergemaklik die snywerk aansienlik. ’n Elektriese mes werk ook baie beter as om beskuit met die hand te sny.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.81
-0.1%
Silwer
23.23
-0.4%
Palladium
2,016.00
-2.9%
Platinum
1,039.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot