
¦ 4 groot, gaar varkworsies, in stukkies gesny OF 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper
¦ 30 ml olie
¦ 2 groot uie, fyn gekap
¦ 4 wortels, grof gerasper
¦ 500 ml rooi lensies, vir 10 minute in koue water geweek en gedreineer
¦ 2 liter hoenderaftreksel
¦ Kookwater, indien nodig
¦ 30 ml vars pietersielie
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die varkworsiestukkies (of spekvleis) in die olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en wortels in dieselfde kastrol in die olie wat oorgebly het tot sag.
Voeg die lensies by en braai vir 1 minuut. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut die sop oor lae hitte vir ongeveer 1 ½-2 uur, of tot die lensies sag is. Roer gereeld om te verhoed dat die sop aanbrand.
Roer die pietersielie en gebraaide varkworsies (of spekvleis) by en kook weer deur. Geur na smaak met sout en peper. Sit voor met plaasbrood en -botter. Lewer 6 porsies.