
250 ml (1 koppie) koekmeel
125 ml (1/2 koppie) volgraanmeel
125 ml (1/2 koppie) witsuiker
125 ml (1/2 koppie) bruinsuiker
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) kaneel
2 ml (1/2 teelepel) sout
80 ml (1/3 koppie) olie
1 ekstragroot eier
80 ml (1/3 koppie) melk
2 groot appels, geskil
Voorverhit die oond tot 190C en voer ’n muffinpan met 12 papiervormpies uit. Spuit elke vormpie liggies binne-in met kleefwerende kossproei. Meng die twee soorte meel en suiker, die bakpoeier, kaneel en sout saam in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.
Klits die olie, eier en melk saam en giet dit in die holte in die droë bestanddele. Rasper die appels op die growwe kant van die rasper en voeg dit ook by by bestanddele in die mengbak.
Roer die mengsel baie liggies tot alles net-net gemeng is. Gebruik twee lepels om die muffinmengsel in die papiervormpies te skep.
Bak vir 15-20 minute tot gaar.