
4 middelslag-uie, in dun ringe gesny
45 ml botter
2 knoffelhuisies, fyngekap
45 ml botter
4 middelslag-aartappels, geskil, in blokkies gesny en gaar gekook
60 ml witwynasyn
1 gaar of gerookte snoek, gevlok en vel en grate verwyder
Visspeserye van jou keuse na smaak
30 ml fyn appelkooskonfyt
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sap van 2 suurlemoene
Water
Gerasperde suurlemoenskil
Gebruik ’n lekker groot pot om die mengsel relatief vlak en egalig te kan smoor. Soteer die uie in die botter tot deurskynend en voeg die knoffel en blokkies gaar aartappel by. Braai tot die aartappels begin kleur kry. Voeg die asyn by om enige aanbrandsels los te maak.
Verlaag die hitte en roer die gevlokte snoek by. Meng die visspeserye, appelkooskonfyt, sout, peper en suurlemoensap en voeg by. Laat prut vir 5 minute terwyl dit deurgeroer word.
Voeg deurentyd klein bietjies water by as die mengsel te droog raak. Proe en voeg meer van enige van die bestanddele na smaak by. Skep op en rond af met gerasperde suurlemoenskil. Sit die smoorsnoek voor met gebakte patats, varsgebakte roosterkoek, plaasbotter en korrelkonfyt.
Lewer 6-8 porsies.