
Meringue
4 eierwitte
200ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
Pienk sjokoladevulsel
100g wit sjokolade
50ml room
100ml versiersuiker, gesif
Paar druppels pienk koskleursel
Meringues: Voorverhit die oond tot 120 °C en voer ’n paar bakplate met foelie uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei. Sit die eierwitte, suiker en vanieljegeursel in ’n groot metaalbak en klits liggies met ’n elektriese klitser tot net gemeng.
Sit die bak oor ’n pot met water wat baie liggies prut (die water moet nie aan die bak se boom raak nie). Klits vir sowat 10-15 minute – tot die mengsel stywe punte vorm wanneer jy die klitser oplig – en blinkwit en dik is.
Verwyder die bak van die hitte en hou aan klits tot die mengsel kamertemperatuur bereik het. Skep in ’n spuitsak en spuit klein rosette op die bakplate. Bak vir twintig minute, skakel dieoondafenlaat in dieoonduitdroog.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in ’n lugdigte houer.
Vulsel: Smelt die sjokolade en room stadig saam oor lae hitte, tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Klits die versiersuiker en pienk kleursel by en verkoel tot benodig. Plak twee meringues opmekaar met die vulsel en verpak in ’n mooi houertjie.