
125 ml muskadel
125 ml brandewyn
125 ml water
1 lemoen
80 ml suiker
1 kaneelstokkie
2 steranyssade
2 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun skyfies gesny
4 ferm maar ryp pere, gehalveer en ontkern
Room, vir voorsit
Giet die muskadel, brandewyn en water in ’n kastrol. Gebruik ’n groenteskiller en skil dun repe van die lemoen af.
Voeg die lemoenskil by die muskadel-en-brandewynmengsel in die kastrol. Sny die lemoen middeldeur en druk die sap uit in die kastrol.
Voeg die suiker, kaneelstokkie, steranys en gemmerskyfies by. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die pere in ’n oondbak waarin dit knus pas en giet die warm stroop oor. Maak seker dat die stroop die pere oraloor bedek. Bak vir ongeveer 20 minute tot die pere sag is. Laat dit in die vloeistof afkoel tot louwarm.
Sit die pere louwarm voor met van die stroop waarin dit gebak het, en met ’n lepel of twee room bo-oor gedrup.
Lewer 4 porsies