Soet groente met aardse geure, soos beet, wortels en patat, smaak heerlik met hierdie bittersoet stropie in die oond gerooster. As jy wil, kan jy agterna romerige fetakaas daaroor krummel en die slaai afrond met geroosterde pampoensade of sesamsaad.
- Ongeveer 18 kleinerige reënboogbete
- 3 hande vol babawortels, lowwe afgesny