
- 8 varkworsies van goeie gehalte
- 30 ml olyfolie
- 2 uie, geskil en dungesny
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 250 ml witrys
- 125 ml witwyn
- 1 blik (410 g) gekapte tamaties
- Water
- 5 ml paprika
- 300 g steurgarnale, koppe verwyder en skoongemaak
- 300 g ferm witvis van jou keuse, vel verwyder en in hapgrootte blokkies gesny
- 500 g kammossels (clams)
- Sout, swartpeper en vars suurlemoen- of lemmetjiesap en pietersielie na smaak
Stoom die varkworsies in ’n bietjie water gaar. Dreineer, laat effens afkoel en sny in hapgrootte stukkies.
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die varkworsies, uie en knoffel daarin tot die uie gaar is.
Voeg die rys by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die witwyn by en roerbraai tot die wyn amper afgekook is voordat jy die tamaties byvoeg.
Maak die tamatieblik vol water en voeg dit saam met die paprika by die rysmengsel.
Roer deur, bedek en draai die stoofplaat se hitte laag. Laat prut die rysmengsel vir 15 minute.
Haal die deksel af, roer die rysmengsel deur en pak die seekos bo-op. Geur goed met sout en peper.
Bedek weer en prut verder oor lae hitte vir sowat 8-10 minute of tot die seekos net gaar is.
Verwyder van die hitte, geur na smaak en rond af met vars suurlemoen- of lemmetjiesap en fyngekapte pietersielie.
Lewer 8 porsies.