
250 ml sagte botter
125 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
1 ml sout
500 ml koekmeel
80 ml papawersaad
Verwerk die botter, suiker en vanieljegeursel in ’n voedselverwerker tot lig en romerig. Voeg die sout en koekmeel by. Pols ’n paar keer tot byna gemeng. Voeg die papawersaad by en werk deur tot ’n deeg vorm. Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4 mm dik. Druk vorms uit en pak op die bakplaat. Bak vir 15 minute tot liggoudbruin teen die kante (die koekies sal nog sag wees). Laat effens op die bakplate afkoel en dan verder op draadrakke. Sif versiersuiker oor en bêre in ’n lugdigte houer.
Lewer ongeveer 60 koekies.