
- 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper
- 3 preie, goed skoongemaak en fyngesny
- 45 ml botter
- 500 g bevrore mosselvleis
- 250 ml suurroom
- Sout, varsgemaalde swartpeper en vars suurlemoensap na smaak
- 1 pak (500 g) linguini of ander lintnoedels van jou keuse
Braai die spek en preie in die botter tot gaar.
Voeg die mosselvleis by en braai vir 3 minute. Voeg die suurroom by en verhit tot kookpunt.
Prut vir 5 minute en geur na smaak met sout, peper en suurlemoensap. Hou eenkant warm.
Kook die pasta in ’n groot kastrol vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.
Dreineer en voeg by die romerige mosselsous. Meng deur en sit dadelik voor.
Lewer 6 porsies.