
45 ml olie
1 pak (365 g) klaarbereide roerbraaigroente met soetrissies, ui, broccoli, kool en murgpampoentjie
500 ml gaar rys
Sous
45 ml sojasous
30 ml heuning
30 ml suurlemoensap
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Omelet
3 eiers
Skeut water
Sout en peper
4 grasuie, fyngesnipper
Verhit die olie in ’n groot pan of wok tot baie warm en braai die groente vinnig daarin tot amper gaar. Voeg die rys by en roerbraai tot die groente gaar en die rys neuterig gebraai is. Meng die bestanddele vir die sous saam en voeg dit by. Roerbraai vir nog ’n paar minute. Haal die wok van die plaat af en sit ’n swaarboompan op die warm plaat.
Klits die eiers, skeut water, sout en peper goed saam en voeg die grasuie by. Verhit ’n bietjie olie in die pan en giet die eiermengsel daarin. Braai tot die omelet goudbruin en gaar is (draai dit een keer om as jy wil). Laat gly die omelet uit op ’n bord, rol dit styf op en sny in wieletjies. Sit die roerbraai voor met die omeletwieletjies bo-op.
Lewer 2 porsies.