
Vir ’n minder prominente smaak en sagter geur, kneus die peule met die plat kant van ’nmes se lem en voeg dit net so by vloeistof, soos melk en room, terwyl dit verhit, word om romerige melknageregte, soos sago of gebakte vla, te geur.
¦ 750 ml melk
¦ 4 kardemompeule, liggies gekneus
¦ Halwe vanieljepeul, in die lengte gehalveer en saadjies uitgeskraap
¦ 125 ml sago, vir ’n uur in water geweek
¦ 50 g botter
¦ 100 ml suiker
¦ 3 eiers, geskei
¦ 5 ml vanieljegeursel
¦ 60 ml gladde appelkooskonfyt, louwarm
¦ 50 ml strooisuiker
Verhit die melk, kardemompeule en vanielje (peul en saadjies) stadig oor lae hitte tot die melk net-net wil begin kook.
Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute.
Skep die kardemomen vanieljepeul uit die melk. Dreineer die sago en voeg dit by die melk. Prut oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die sago sag en deurskynend is.
Verwyder van die hitte en voeg die botter en suiker by. Laat staan vir 5 minute voor die eiergele en vanieljegeursel bygeklop word.
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 4 individuele bakkies of 1 oondvaste bak met botter. Skep die sagopoeding in die bakkies of bak en bak vir 15 minute. Haal uit die oond.
Smeer ’n dun lagie appelkooskonfyt oor die poeding. Klits die eierwitte in ’n skoon metaal- of glasbak tot sagte punte vorm. Begin nou die strooisuiker lepel vir lepel byvoeg, terwyl aanhoudend geklits word. Klits vir 3 minute nadat ál die suiker bygevoeg is, tot die mengsel dik en blinkwit is.
Stapel die meringue op die poeding en bak vir nog 15-20 minute tot die meringue goudbruin is. Haal uit die oond en sit dadelik voor.
Lewer 4 porsies.