Boerejongens (rosyne wat vir maande in ’n brandewyn-speserystroop ingelê en dan oor roomys of in pannekoek geëet word) is ’n ou Nederlandse resep. Maar omdat rum en rosyne so ’n goeie kombinasie is, het ek die resep ’n bietjie verander.
Ons noem die variasie sommer skeepsjongens. Dan is daar Kaapsche jongens, wat verwys na vars druiwe wat in ’n mengsel van suiker en brandewyn (of witblits) ingelê word. Jy kan skeepsjongens net soos boerejongens eet, maar dit is ook die beginpunt van die beste rum-en-rosyntjie onder die son.
- 500 g pitlose rosyne