
Snoekmengsel
1 ui, fyn gekap
30 ml botter
500 g gaar, gevlokte snoek (vel en alle grate verwyder)
7 ml kerriepoeier
5 ml elk suiker en sout
3 ml borrie
30 ml blatjang
125 ml melk
1 dik sny brood, grof gebreek (laat die brood in die melk week)
Skeut vars suurlemoensap
2 eiers, geklits
250 ml droë broodkrummels
Braai die ui in die botter tot sag en voeg die snoek by. Braai vir ’n paar minute. Voeg die kerriepoeier, suiker, sout en borrie by die vleis en braai tot geurig. Voeg die blatjang, brood-en-melkmengsel en suurlemoensap by die vismengsel en kook deur. Laat heeltemal afkoel. Vorm die mengsel in 24 krokette en pak op ’n bakplaat. Verkoel tot net voor dit gebraai moet word.
Doop elke kroket eers in geklitste eier en rol dan in krummels. Braai in vlak olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit voor op kapokpatats (sien “Kombuiswenk”) of met tartaarsous om in te doop (as versnapering). Lewer 6 porsies.