
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
45 ml botter
10 ml olie
5 ml gemaalde komyn
Knippie kaneel
5 ml paprika
3 ml garam masala
2 blikke (410 g elk) kekerertjies, gedreineer en afgespoel
Sout en peper na smaak
Vars lemmetjiesap, om af te rond
Braai die uie en knoffel in die botter en olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die kekerertjies by en braai lank en stadig tot die kekerertjies goudbruin en met ’n lagie speserybotter bedek is. Geur na smaak en rond af met ’n skeut vars lemmetjiesap.
Lewer 6 porsies.